SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MOLETSANE, M.G. et al. Tensile properties and microstructure of direct metal laser-sintered TI6AL4V (ELI) Alloy. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.110-121. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-3-1667.

Direkte lasermetaalsintering is 'n toevoegingsvervaardigingtegniek wat gebruik word om metaalpoeier met 'n hoë drywing laser te smelt. So word doelgemaakte onderdele, ligte strukture of ander ingewikkelde voorwerpe geproduseer. Metaal poeier word gesmelt en gestol op n baan-vir-baan, laag-vir-laag wyse. Die bou rigting kan dus die meganiese eienskappe van die onderdeel beïnvloed. Die meganiese eienskappe en mikrostruktuur van materiaal wat met direkte lasermetaalsintering geproduseer word hang onder andere van die poeier eienskappe, die proses parameters, skandeer strategie en bou geometrie af. Die mikrostruktuur, trekeienskappe en poreusheid van direkte lasermetaalgesinterde Ti6Al4V horisontale monsters is analiseer. n Defekanalise met behulp van CT-skanderings in die vooraf vervormde monsters is gebruik om die kraakvormingsmeganisme tydens die trektoetse te bepaal. Onbehandelde en hittebehandelde monsters is getoets. Die meganiese eienskappe van die monsters word in detail bespreek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License