Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
MEYER, I.P.; BOND-BARNARD, T.J.; STEYN, H. y JORDAAN, J.. Exploring the use of computer-mediated video communication in engineering projects in South Africa. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.2, pp.60-71. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/27-2-1298.
Organisasies maak toenemend gebruik van virtuele projekspanne wat verspreid is oor lande, kulture en tydsones en verbeterde maniere van interaksie benodig. Vorige navorsing het egter getoon dat virtuele spanne wat gebruik maak van rekenaar-bemiddelde kommunikasie (CMC) i.p.v. aangesig-tot-aangesig kommunikasie minder samehorig is omdat hulle sukkel met wantroue, beherende gedrag en gebrek aan kommunikasie. Hierdie studie ondersoek of 106 Suid-Afrikaanse projekpraktisyns van spanne wat videokonferensies gebruik ook meen dat die spanne ly aan die nadele van CMC wat in ander omgewings ondersoek is. Die resultate toon dat die respondente aangesig-tot-aangesig kommunikasie bo CMC verkies. Dit toon ook dat virtuele spanne wat gebruikmaak van videokonferensies minder samehorig is en ly aan wantroue en gebrek aan kommunikasie, maar nie aan verhoogde konflik en magstryd nie.