SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue2Investigating of eco- and energy-efficient lubrication strategies for the drilling of light metal alloysA location-inventory model including delivery delay cost and capacity constraints in a stochastic distribution network author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

SCHUURMAN, J.  and  VAN VUUREN, J.H.. Scheduling sequence-dependent colour printing jobs. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.2, pp.43-59. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-2-1119.

'n Skeduleringsprobleem uit die kleurdrukwerkbedryf word in hierdie artikel oorweeg. Die probleem vra vir 'n optimale toewysing van take aan elk van 'n versameling kleurdrukkers, sowel as die spesifikasie van 'n optimale volgorde waarin die take wat aan elke drukker toegewys is, uitgevoer moet word. Die doel is om die prosestyd van die drukker wat laaste klaarmaak te minimeer om sodoende 'n aanvaarbare balans tussen die werkladings van die drukkers en die taakvolgorde vir elke drukker te bewerkstellig. 'n Nuwe aspek van die probleem is die manier waarop die opsteltye van die drukkers vir die take volgorde-afhanklik is - dit is moontlik om gemeenskaplikhede tussen die kleure wat vir opeenvolgende take op elke masjien benodig word, uit te buit. Ons los hierdie probleem benaderd op deur gebruik te maak van 'n eenvoudige heuristiek asook drie bekende metaheuristieke. Behalwe vir kleurdrukwerk, het die skeduleringsprobleem wat hier beskou word vele ander toepassings. Sommige van hierdie toepassings word ook kortliks beskryf.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License