SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue1Planning empty container relocations under uncertaintyTwo-commodity perishable inventory system with bulk demand for one commodity author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

OOSTHUIZEN, L.  and  VLOK, P.J.. The absence of a creative focus in the conventional engineering design process: Identifying research opportunities to address this. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.1, pp.137-150. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-1-1297.

Hierdie navorsing kombineer 'n oorsig van die verskillende modelle van die ingenieursontwerp-proses met 'n oorsig van die mees relevante teorieë binne die veld van kreatiwiteitstudies en kom tot die gevolgtrekking dat (i) kreatiwiteit deur die volledige gang van die ingenieursontwerp-proses 'n rol speel, en dit moontlik is om kreatiwiteit op 'n sistematiese wyse in die ingenieursontwerp-proses in te lyf; (ii) so 'n benadering minstens die potensiaal vir beduidende ekonomiese voordeel inhou; en (iii) weens die komplekse interaksie tussen kreatiwiteit en die breë stel faktore wat dit beïnvloed, dit onakkuraat is om aan te neem dat organisasies se klimate en bestuurspraktyke noodwendig kreatiwiteit ondersteun. Daar word voorgestel dat organisasies proaktief bestuur behoort te word om kreatiwiteit in ingenieursontwerp te ondersteun. 'n Gestruktureerde protokol word gevolg om vas te stel of daar in die literatuur bewyse is dat ingenieursorganisasies tans so proaktief bestuur word. Geen bewyse word gevind nie. Twee geleenthede vir verdere navorsing word na gelang van hierdie bevindinge voorgestel: (i) die ontwerp van 'n raamwerk om riglyne te bied vir die proaktiewe bestuur van ingenieursorganisasies om kre'atiwiteit te ondersteun; en (ii) die ontwikkeling van meganismes om kreatiwiteit in ingenieursorganisasies en in ingenieursontwerp te meet.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License