SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número1A review of manufacturing resources planning models under different uncertainties: State-of-the-art and future directions índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

SCHUTTE, C.S.L; KENNON, D.  y  BAM, W.. The status and challenges of industrial engineering in South Africa. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.1, pp.1-19. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-1-1435.

Die bedryfsingenieurswese dissipline in Suid-Afrika is ondersoek deur eerstens die konteks van die dissipline te stel, die geskiedenis op te som, die drywers te identifiseer wat die konteks en toekoms van bedryfsingenieurswese beïnvloed, en dan die dissipline te analiseer in terme van die volgende aspekte: universiteit kwalifikasies, indiensneming in industrie sektore, ras en geslag profiele, benutting en vaardigheid in industrie, en inkomste profiele. Die analise is gebaseer op 'n onlangse meningsopname wat aan praktiserende bedryfsingenieurs gestuur is, op die Suider Afrikaanse Instituut van Bedryfsingenieurswese (SAIIE) se lidmaatskap data, en op twee interne SAIIE ondersoeke wat gedoen is. Die studie bevind dat die sukses van transformasie, veral in terme van ras, nog beperk is. Die resultate toon dat daar omtrent ewe veel wit en swart bedryfsingenieurs is, maar dat die meerderheid swart bedryfsingenieurs tegniese kwalifikasies het, terwyl die meerderheid wit bedryfsingenieurs akademiese kwalifikasies het. Die resultate toon dat dit die benutting van swart bedryfsingenieurs in industrie beperk en dus ook die sukses wat hul in hul loopbane behaal in terme van inkomste. Dit veroorsaak dat daar minder swart rolmodelle is om jong swart student na die dissipline te lok. Voorlopige geleenthede om transformasie in die professie te ontsluit word geïdentifiseer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons