SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

CONRADIE, P.J.T.; OOSTHUIZEN, G.A.; DIMITROV, D.M.  and  SAXER, M.. Effect of milling strategy and tool geometry on machining cost when cutting titanium alloys. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2015, vol.26, n.3, pp.137-151. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/26-3-1172.

Die groeiende aanvraag vir vervaardigers in die lugvaartbedryf om moeilik-masjineerbare materiale te sny met toenemende materiaalverwyderingstempo's vereis van vervaardigers om hul masjinerings vermoéns te verbeter. Dit benodig 'n beter begrip van die impak wat frees strategie en snybeitel geometrie op sny prestasie het. Ti6Al4V is die algemeenste titaan allooi wat gebruik word in die lugvaartbedryf as gevolg van 'n unieke kombinasie van eienskappe. Hierdie eienskappe is ook verantwoordelik vir die moeilik-masjineerbaarheid van hierdie metaal. Komplekse lugvaart geometrieé vereis groot hoeveelhede materiaalverwydering, en is gewoonlik geassosieer met hoé vervaardigingskostes. Om die effek wat frees strategie en snybeitel geometrie op sny prestasie het, is die nuwe konstante blootstellingshoek frees strategie eerstens vergelyk met 'n tradisionele benadering. Daarna is 'n komponent gefrees met verskillende snybeitel geometrieé. Koste besparings van meer as 40% is bewerkstellig deur 'n konstante blootstellingshoek frees strategie te implementeer. 'n Vermindering van 38% in masjineringstyd was moontlik deur gebruik te maak van snybeitels met 'n snykrag verminderingsontwerp op die kant van die snybeitel wat help met die spaandervloei. Hierdie inkrementele verbeteringe het dit moontlik gemaak om die algehele vermoé van die snyproses te verbeter.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License