SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 número2The role of relationship management in the successful outsourcing of maintenanceNew heuristics for minimising total completion time and the number of tardy jobs criteria on a single machine with release time índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

BECKER, T.; VAN ROOYEN, M.  e  DIMITROV, D.. Heat treatment of Ti-6Al-4V produced by lasercusing. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2015, vol.26, n.2, pp.93-103. ISSN 2224-7890.

LaserCUSING® is 'n selektiewe lasersmeltproses met die vermoë om onderdele te vervaardig deur die smelt van poeier met hitte inset van 'n laserstraal. LaserCUSING toon die potensiaal om ingewikkelde geometrieë benodig vir biomediese implantate en lugvaart toepassings, te produseer. Een van die hoof beperkings tot hierdie vorm van blits prototipering is die tekort aan gepubliseerde studies oor die materiaaleienskappe van die gevolglike materiaal. Studies van die materiaaleienskappe is dikwels verder gekompliseer as gevolg van die invloed van verskeie faktore, soos die aanvanklike poeier eienskappe, die laser parameters en hittebehandelings na die lasersmeltproses. Hierdie studie beoog om die meganiese eienskappe van Ti-6Al-4V wat met LaserCUSING geproduseer is, en die vertoning daarvan relatief tot 'n konvensionele bewerkte eweknie, te ondersoek. 'n Kombinasie van konvensionele en aangepaste hittebehandelings is toegepas. Die resulterende mikro-strukture is ondersoek en verwantskappe tot die resultate van hardheidstoetse is gevind. Die resultate toon dat die Ti-6Al-4V met tradisionele materiale kan kompeteer mits optimale parameters vooraf gekies word en dat onderdele aangepaste hittebehandelings ondergaan. Die Ti-6Al-4V toon beter sterkte en hardheid, maar het swakker smeebaarheid. Noukeurige oorweging vir verwerking na die lasersmelt is nodig voor die toepassing daarvan op kritiese komponente.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons