Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
RAS, E. and VISSER, J.K.. A model for continuous improvement at a South African minerals beneficiation plant. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2015, vol.26, n.1, pp.191-206. ISSN 2224-7890.
Suid-Afrika beskik oor 'n verskeidenheid minerale hulpbronne, en verskeie veredelings-aanlegte vir minerale is tans in die bedryf. Hierdie aanlegte moet effektief bedryf word sodat eindgebruikers van die produkte internasionaal kompeterend kan bly. 'n Volhoubare kontinue verbeteringsprogram is nodig om hierdie doelwitte te bereik. Verskeie raamwerke en modelle vir kontinue verbetering word in veredelingsaanlegte wêreldwyd gebruik, maar met wisselende sukses. Geen van hierdie modelle is spesifiek ontwikkel vir kontinue verbetering by veredelingsaanlegte nie. Die doel van hierdie studie was om belangrike faktore te bepaal vir 'n model vir kontinue verbetering by veredelingsaanlegte. 'n Opname het getoon dat 'n model wat verskeie elemente van bestaande modelle gebruik verkies word deur rolspelers in die industrie.