Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
VAN DER MERWE, C.; VAN RENSBURG, A. e SCHUTTE, C.S.L.. An engineering approach to an integrated value proposition design framework. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2015, vol.26, n.1, pp.59-74. ISSN 2224-7890.
Die bestuur van produkte se lewensiklusse kan vele probleme veroorsaak wat gepaard gaan met die kwaliteit van produkte en die verlengde tydperk om produkte in 'n mark vry te stel. Hierdie artikel stel 'n geïntegreerde waarde-stelling raamwerk voor wat die fokus van die produk lewensiklus bestuursproses skuif van 'n produk-gesentreerde fokus na 'n kliënt-gesentreerde fokus, deur gebruik te maak van goeie ingenieurs praktyke soos gevind in die stelselsingenieurswese dissipline. Die raamwerk kombineer stelselingenieurswese praktyke met metodes soos die 'Refined Kano' model, die 'Blue Ocean' strategie en die 'Generalised Bass' model. Daardeur stel die raamwerk die organisasie in staat om hulle produkte en dienste se kwaliteit te verbeter, en terselfde tyd die produk vrystellings tydperk te verkort.