SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

VON PETERSDORFF, H.  e  VLOK, P.J.. Prioritising maintenance improvement opportunities in Physical Asset Management. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.3, pp.154-168. ISSN 2224-7890.

Fisiese batebestuursinisiatiewe het verskeie implementeringstekortkominge wat hulle invloed en volhoubaarheid verhinder. Een van hierdie hindernisse is die gebrek aan ondersteuning van alle vlakke in die organisasie. Dit is as gevolg van 'n gebrekkige begrip van die voordele van batebestuur. Organisatoriese belyning by 'n batebestuursprojek word bereik deur almal te belyn oor wat die gebrekkige areas is, en om hulle verwagtinge oor die voordele te bestuur. Metodes om op 'n deursigtige wyse die kritieke areas aan te dui en te kommunikeer, ontbreek. Dit belemmer die uitvoer van projekte en die afwesigheid van empiriese bewyse van probleme, skep 'n afhanklikheid van argumentatiewe menings wat dikwels verskil. Inisiatiewe word dikwels beperk deur die beskikbaarheid van hulpbronne, en 'n effektiewe toedeling van beskikbare hulpbronne is dus noodsaaklik. Om 'n suksesvolle batebestuursprojek dus uit te voer, moet daar eers 'n duidelike begrip en ooreenstemming wees oor wat die verskeie kritieke areas is wat die meeste aandag verlang, sodat hulpbronne doeltreffend toegeken kan word. In dié studie word hierdie probleem ondersoek deur oplossings na te vors. 'n Metode is gesoek wat daarop gemik is om die gevolge van batebestuur te isoleer in 'n produksiestelsel en kritiese areas te ontbloot. 'n Studie is uitgevoer op metodes wat gebruik word om sodanige analises uit te voer. Dit word gewys dat huidige metodes tekortkominge het wat die toepaslikheid beperk. 'n Nuwe metode is geskep wat gebruik maak van simulasie om hierdie probleme te oorkom. Die metode is gevalideer deur 'n gevallestudie, waar dit bevestig is dat die metode voordelig is om kritiese areas te ontbloot en om organisatoriese belyning te bewerkstellig deur effektiewe kommunikasie van die resultate.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons