SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

LOURENS, A.. The development of co-curricular interventions to strengthen female engineering students' sense of self-efficacy and to improve the retention of women in traditionally male-dominated disciplines and careers. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.3, pp.112-125. ISSN 2224-7890.

Daar is 'n verband tussen selfdoeltreffendheid en positiewe resultate vir vroue wat studeer en werk in tradisionele mansgedomineerde dissiplines, soos ingenieurswese. Daar is egter baie vroulike ingenieurswese studente wat vrese en onsekerhede ervaar oor hoe hulle behandel en waargeneem sal word in 'n tradisionele, mansgedomineerde dissipline, hetsy as student of as werkende ingenieur. Hierdie navorsingstudie bied ondersteuning vir die ontwikkeling van mede-kurrikulêre ingrypings om die selfdoeltreffendheid van vroue studente in ingenieurswese aan 'n Suid-Afrikaanse tersiêre instelling te verbeter. Die navorsing in hierdie studie is gebaseer op 'n fenomenologiese benadering, en gebruik 'n proses van kritiese ontleding van evaluering en terugvoer dokumente van verskillende mede-kurrikulêre ingrypings, en die invloed daarvan op geselekteerde vroue ingenieurstudente se selfdoeltreffendheid. Ten slotte, aangesien geen ander Suid-Afrikaanse navorsing oor selfdoeltreffendheid en vroulike ingenieurswese studente gevind kon word nie, is hierdie studie uniek in die Suid-Afrikaanse konteks.

        · abstract in English     · text in English

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License