SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

TAYLAN, O.; ALIDRISI, H.  y  KABLI, M.. A multi-criteria decision-making approach that combines fuzzy topsis and DEA methodologies. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.3, pp.39-56. ISSN 2224-7890.

Die kies van werknemers vanuit 'n lys van gepaste aansoeke is 'n multi-kriteria besluitnemingsprobleem. Die seleksie se doel is om gebruik te maak van die potensiële werknemers se relevante vaardighede en ander eienskappe om 'n spesifieke taak te verrig. Die doel van hierdie navorsing is om 'n sistematiese benadering, om die beste kandidate vir lugruimbeheerderposisies in Saoedi Arabië te identifiseer, te ontwikkel. Drie geïntegreerde metodes is ingespan vir die besluitneming in hierdie studie. Eerstens is 'n wasige besluitnemingsboom toegepas om die kriteria gewigte te bepaal. Daarna is die wasige tegniek van Orde Voorkeur deur Ooreenkoms tot die Ideale Oplossing toegepas om die kenmerke te rangskik. Laastens is die Data Omvangs Analise gebruik om die kwalitatiewe veranderlikes tot kwantitatiewe gelykhede om te skakel. 'n Peiling is onder nasionale en internasionale besluitnemers geneem om die noodsaaklike inligting rakende die kriteria en sub-kriteria van die lugruimbeheerstelsel te bepaal. Die besluitnemingsvraagstuk is geformuleer deur vyf kriteria en tien aansoekers in te span. Die verhouding tussen die wasige Orde Voorkeur deur Ooreenkoms tot die Ideale Oplossing en wasig-geweegde gemiddeld was besonder positief vir besluitneming. Die resultate van die wasige Orde Voorkeur deur Ooreenkoms tot die Ideale Oplossing en die Data Omvangs Analise moedig die ontwikkeling van 'n besluitneming ondersteuningstelsel vir lugruimbeheerders aan.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons