SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue2Reconfigurable product routing and control for mass customisation manufacturingHow to control process variability more effectively: The case of a B-complex vitamin production process author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

STADLER, J.  and  BEKKER. Multi-objective optimisation in carbon monoxide gas management at Tronox KZN Sands. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.2, pp.193-208. ISSN 2224-7890.

Koolstofmonoksied (CO) is 'n newe-produk van die ilmenietsmeltproses waardeur titaniumslak en ru-yster geproduseer word. Voor die uitvoering van hierdie projek is die CO gas wat deur Tronox KZN Sands, Suid-Afrika produseer is, verbrand om daarvan ontslae te raak. Die verbranding het weer koolstofdioksied produseer. By hierdie aanleg word ongeprosesseerde materiale voorverhit met metaangas wat van 'n eksterne verskaffer aangekoop word. Die prys van metaangas het beduidend toegeneem, en die moontlikheid om CO te herbruik in die plek van metaangas is in hierdie studie ondersoek. Weens die variasie in vraag na metaangas, kan die gebruik daarvan nie volledig uitgeskakel word nie; dus moet of CO of metaangas aan sub-aanlegte oor tyd toegeken word. Sodra daar 'n oorskakeling tussen die twee gassoorte plaasvind, moet die toevoerlyne eers gespoel word; en dit veroorsaak verlies van produksietyd. 'n Multidoelwit-optimeringprobleem het dus ontstaan waarin verlies aan produksietyd minimeer word terwyl CO gasgebruik maksimeer word. Hierdie probleem bevat sewe besluitveranderlikes, en scenario's is met rekenaarsimulasie ge-evalueer. Rekenaarsimulasie en die kruis-entropie metode vir multidoelwit-optimering is toegepas om goeie oplossings te verkry terwyl die minimum aantal scenario's evalueer is. Die voorstelle, wat tans in die proses is om implementeer te word, sal die onderneming operasionele koste bespaar en die koolstofspoor verklein.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License