SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue2Pareto optimal solutions for multi-objective generalized assignment problemDemand categorisation, forecasting, and inventory control for intermittent demand items author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

KUHN, C.  and  VISSER, J.K.. Managing uncertainty in typical mining project studies. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.2, pp.105-120. ISSN 2224-7890.

Projekstudies in die mynboubedryf en die evaluasie van sodanige projekte word gekenmerk deur hoë onsekerheid. Hierdie onsekerhede wissel in grootte, en is teenwoordig vanaf die geologiese data waarop die projek gebaseer is tot by die finale prys waarvoor die erts, metaal, of mineraal verkoop kan word. Die proses wat gebruik word om die onsekerhede in mynbouprojekte te bestuur kan 'n groot impak hê op die uiteindelike opsie wat gekies word en die samestelling van die projek. Dit is derhalwe van uiterste belang dat 'n sistematiese proses gevolg word om die onsekerhede effektief te bestuur deur die verloop van die projekfases en wanneer alternatiewe met mekaar vergelyk word. Hierdie artikel bespreek die resultate van 'n ondersoek wat gedoen is om te bepaal tot watter mate risikobestuur toegepas is vir twintig projekstudies in die mynbou-omgewing. Die resultate van hierdie navorsingsprojek in die mynboubedryf het aangetoon dat die onsekerhede met betrekking tot tipiese projekstudies in mynbou nie goed verstaan word deur bestuur nie. 'n Proses om hierdie onsekerhede deur die loop van die ontwikkelingsfases van die projek te bestuur is ontwikkel en toegepas op 'n tipiese voor-doenlikheidstudie. Die resultate toon aan dat die proses suksesvol geïmplementeer kan word en dat die projek vinniger ontwikkel kan word deur die projekspanne te fokus op die onsekerhede wat die behoefte van die projek die meeste beïnvloed.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License