Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
BROWN, A.C.; DE BEER, D. y CONRADIE, P.. Development of a Stereolithography (STL) input and Computer Numerical Control (CNC) output algorithm for an entry-level 3-D printer. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.2, pp.39-47. ISSN 2224-7890.
'n Prototipe stereolitografie (STL) dokument ontvou en instrumenttrajek generasie algoritme vir 'n intreevlak driedimensionele drukker word in dié studie bekendgestel. Driedimensionele drukkers word hoofsaaklik in toevoegingsvervaardiging gebruik deur lae plastiek, keramiek of metaal in al drie rigtings (x, y en z) op 'n plat oppervlak te deponeer. Rekenaar numeriese beheer word egter benodig om die driedimensionele drukker te begelei. Die STL algoritme vorm dus 'n integrale deel vir laag-op-laag vervaardiging. Die doel van hierdie studie is om 'n algoritme te ontwikkel wat die vermoë het om een of meer STL dokumente te prosesseer en te ontvou en 'n gepaste instrumenttrajek te formuleer en daaruit beheerinstruksies vir die drukker te genereer. Die STL lêer is geprosesseer tot 'n G-kode lêer deur middel van die algoritme. Die ontwikkelde algoritme hou innoverende geleenthede in vir laag-op-laag vervaardiging, aangesien dit aan ingenieurs en argitekte toelaat om vinnig en maklik hul idees in driedimensionele soliede voorwerpe te omskep. Dit is moontlik deur die STL modelle vinnig en sonder foute te ontvou en te prosesseer tot 'n G-kode beheerlêer.