SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número2An empirical study on the critical success factors of small- to medium-sized projects in a South African mining companyDevelopment of a Stereolithography (STL) input and Computer Numerical Control (CNC) output algorithm for an entry-level 3-D printer índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

BAM, W.G.  e  VLOK, P.J.. Optimising invesment in asset management using the multivariate asset management assessment topography. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.2, pp.29-38. ISSN 2224-7890.

Die meerveranderlike batebestuur evalueringstopografie (MBE) is ontwikkel om 'n besigheid se prestasie te kwantifiseer en grafies voor te stel. Dit word gedoen aan die hand van 'n volwassenheid-, gebruiklikheids- en prestasie indeks van die batebestuur stelsel soos beskryf deur internasionale standaarde soos PAS 55. Die MBE bied 'n manier om duidelik die sterk- en swakpunte van 'n besigheid te visualiseer en te identifiseer met betrekking tot die batebestuur stelsel. Gebaseer op die MBE word 'n model voorgestel wat die verhouding tussen die gebruik van hulpbronne en die ooreenstemmende verbetering in die MBE assesseringsuitkomste beskryf. Die fokus van hierdie studie is om 'n optimeringsmodel te ontwikkel wat die finansiële voordele van die verbetering van die MBE assesseringstellings maksimeer, terwyl dit die finansiële belegging wat benodig word om dit teweeg te bring minimeer. Dit word gedoen deur die bepaling van die optimale toewysing van hulpbronne aan die verskillende onderafdelings van die MBE assesseringsraamwerk. Die veeldoelige kruis-entropie metode (VD KEM) word gebruik om die Pareto stel van oplossings vir hierdie probleem te vind. Ten einde die voorgenome nywerheidstoepassing ten toon te stel, is 'n hipotetiese gevallestudie uitgevoer en beskryf in hierdie artikel. Vanuit hierdie aanwending is bevind dat die MD KEM nuttige oplossings vind wat die implementering van standaarde soos PAS 55 ondersteun deur die prioritisering en toewysing van hulpbronne aan implementeringsaktiwiteite.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons