SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue1A model for quality management in a supply chain with a retailer and a manufacturerForecasting new product sales author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

VAN DEN HONERT, A.F.  and  VLOK, P.J.. Adapting modern portfolio theory for prioritising asset care planning in industry. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.1, pp.107-116. ISSN 2224-7890.

'n Verbetering in produktiwiteit kan lei tot groei in omset in enige organisasie. Die fokus van hierdie studie is die ontwikkeling van 'n produktiwiteitsverbeteringsmodel in instandhouding. Die model is gebaseer op die gevestigde finansiële beleggings portefeulje tegniek bekend as die 'Moderne Portefeulje Teorie' (MPT). Die model kan gebruik word om die langtermyn risiko as gevolg van afwykings en/of verwisselinge in die produktiwiteit van verskeie onderhoudswerkswinkels te verminder en/of te diversifiseer. Die verbetering kan bereik word deur die optimering van die mees doeltreffende manier om hulpbronne te verdeel tussen verskeie dienssentrums. 'Hulpbronne' kan byvoorbeeld tyd of geld wees. Die optimering lei tot 'n verbetering in produktiwiteit van 'n organisasie sowel as 'n meer konstante werkslading vir die onderhoudswerkswinkels. Die model is geverifieer met die gebruik van 'n doeltreffende begrensing wat lei tot 'n grafiese voorstelling om die verband tussen die verwagte toename in produktiwiteit en die standaard afwyking van die toename in produktiwiteit te bepaal. Die toekomstige vooruitsig vir hierdie model is dat dit kan aangepas word om van toepassing te wees in vele segmente van 'n organisasie. Die resultate van hierdie studie toon dat hierdie model as 'n eenvoudige instrument kan gebruik word om met die besluitneming in verband met die onderhoud van verskeie kombinasies van bates te vergemaklik. Die resultate toon dat die model, wat gebaseer is op die MPT, suksesvol geverifieer is deur die gebruik van 'n doeltreffende grens.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License