SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue1The role of supervisor support in predicting employee job satisfaction from their perception of the performance management system: A test of competing models in engineering environmentsAdapting modern portfolio theory for prioritising asset care planning in industry author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 1012-277X

Abstract

SEHRT, J.T.; MARTHA, A.  and  WITT, G.. Direct slicing approach for the production of perfused components by laser beam melting. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.1, pp. 96-106. ISSN 1012-277X.

Laserstraal smelttegnologie word toegepas op die vervaardiging van gedefinieerde poreuse metaalstrukture deur die gebruik van die blootstellingstrategieë van die toerustingvervaardiger. Die blyk dat spesifieke filtereienskappe soos digtheid, deurlaatbaarheid, poreusheid en skuifsterkte vergelykbaar is met konvensioneel vervaardigde poreushede. Om sommige beperkings as gevolg van die vervaardiger se verstekverstellings te oorkom en om ultraligte produkte te vervaardig is 'n alternatiewe blootstellingstrategie vir die laser ontwikkel. Unieke blootstellinglyne, met hulle ooreenstemmende begin- en eindpunte, is individueel ontwerp volgens hulle praktiese behoeftes. Al is hierdie prosedure ingewikkeld en tydrowend, lei dit tot nuwe moontlikhede vir die perfusie van vloeistof of gasagtige vloeiers wat deur metaalwande vloei. Opsommend, die fokus van die ondersoek is die verstelling van die funksionele porositeit van laserstraal gesmelte metaal onderdele, en saam met dit, is die variasie en bepaling van die gepaste proses parameters noodsaaklik. Met die maklik verstelbare porositeit wat hier ondersoek word, tesame met die geometriese vryheid van laserstraal smelting, kan komplekse elemente in een onderdeel geïntegreer word, en dit gee aanleiding tot nuwe toepassings.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License