Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
VAN DYK, D.J. y PRETORIUS, L.. A systems thinking approach to the sustainability of quality improvement programmes. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.1, pp.71-84. ISSN 2224-7890.
Die uitdaging vir organisasies om deurentyd vir aandeelhouers die beste opbrengs op hul belegging te verseker word al hoe moeiliker as gevolg van internasionalisering van die mark. Daar is vele aksies wat 'n firma kan neem om die uitdagings aan te spreek - byvoorbeeld nuwe produk ontwikkeling, vermeerdering van mark kapitalisasie, koste besnoeiingsinisiatiewe, en kwaliteitsbestuur. Laasgenoemde fokus op, maar is nie beperk tot, klant tevredenheid, kontinue verbetering, en omgewingsimpak nie. Kontinue verbetering spreek onder andere vermorsing of oortolligheid in besigheidsontwerp en vervaardigingsprosesse aan, wat kan lei to verbeterde winsmarge. Volhoubaarheid van kwaliteit verbetering programme bly egter 'n uitdaging. Oorsaaklikheid kan bestudeer word deur gebruik te maak van 'Six Sigma' hulpmiddels. Maar hierdie hulpmiddels laat nie altyd die gebruiker toe om terugvoer vanaf ander faktore soos sagte menslike kwessies in die proses verbetering stelsel te bestudeer en verstaan nie. Die gebruik van sisteem dinamika kan hierdie situasie verbeter. Kwaliteit verbetering programme in die swaar vervaardiging omgewing word nie altyd in dieselfde mate nagevors as in die motorvoertuig vervaardiging omgewing nie. Die doel van hierdie artikel is sekere navorsingsresultate t.o.v. die volhoubaarheid van kwaliteit verbetering programme te deel. 'n Tersaaklike sisteem dinamika model is ontwikkel deur gebruik te maak van kwalitatiewe gevallestudie data wat versamel en gekodeer is in 'n swaar vervaardiging omgewing.