SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 número2The effectiveness of lean manufacturing audits in measuring operational performance improvementsFuzzy Analitic Network Process based Multi Criteria Decision Making methodology for a family automobile purchasing decision índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 1012-277X

Resumen

DEWA, M.  y  CHIDZUU, L.. Managing bottlenecks in manual automobile assembly systems using discrete event simulation. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp. 155-166. ISSN 1012-277X.

Lotgrootteproduksielyne kom baie handig te pas wanneer die vraag vir elke produk matig is. Lotgrootteproduksielyne word egter gekenmerk deur hoë werk-in-prosesvoorraad, verlore produksietyd wanneer modelle verander en verlaagde buigsaamheid wanneer dit kom by die verandering van die produksietempo's as produkaanvraag verander. Gemengde modelproduksielyne kan egter verlaagde werk-in-prosesvoorraad en verhoogde buigsaamheid bied. Die doel van hierdie artikel is om te illustreer dat 'n handgedrewe voertuigmonteringsisteem geoptimiseer kan word deur bottelnekke te bestuur deur hoë werkstasie-benutting te verseker, die toulengtes voor werkstasies en werkstasiestilstand te verminder. 'n Gevallestudie uit die motorindustrie word gebruik vir data-insameling. 'n Model is ontwikkel deur die gebruik van simulasiesagteware. Die model word dan geverifieer en bekragtig voordat 'n gedetailleerde bottelnekanalise gedoen word. 'n Operasionele strategie word vervolgens voorgestel vir optimale bottelnekbestuur. Hoewel die artikel fokus op die verbetering van motormonteersisteme wat in lotgroottes bedryf word, kan die metode ook toegepas word op 'n enkelmodel hand- en outomatiese produksielyne.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License