Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
TAGGART, P. y KIENHOFER, F.. The effectiveness of lean manufacturing audits in measuring operational performance improvements. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.140-154. ISSN 2224-7890.
Die hipotese dat die amptelike evaluering van stroombelynde produksie effektief gebruik kan word om verbetering in bedryfsdoeltreffendheid te meet, is getoets met die gebruik van 64 vervaardigingsaanlegte wat deur 'n FTSE 100 maatskappy besit word. Stroombelynde tegnieke wat algemeen gebruik word, is geëvalueer: strategiese beplanning, gestandaardiseerde werk, visuele bestuur en huishouding, vinnige oorgangstegnieke, totale gehalte-bestuur, kaizen, foutvoorkoming, kulturele bewustheid, materiaalbeheer, en konstante produksietempo's. Maatreëls wat algemeen gebruik word om bedryfsdoeltreffendheid te meet is gebruik om bedryfsdoeltreffendheid te assesseer: tydige aflewering, voorraadomsetsnelheid, en direkte arbeidsbenutting. Die bevinding is dat, om amptelike evaluering van stroombelynde produksie effektief te gebruik om verbetering in bedryfsdoeltref-fendheid te meet, moet die omvang van die amptelike evaluering en stroombelynde tegnieke vooraf belyn word.