SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 issue2Demand categorisation, forecasting, and inventory control for intermittent demand itemsQuantifying suppliers' product quality: An exploratory product audit method author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

DE VRIES, M.. A method to enhance existing business-IT alignment approaches. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.111-126. ISSN 2224-7890.

Ondernemingsontwerp het onlangs ontwikkel as 'n nuwe dissipline om die intensiteit van die ondernemingsdinamika en kompleksiteit te adresseer deur middel van ontwerp, belyning en leiding tydens ondernemingsontwikkeling. Ondernemingsontwerpers gebruik verskillende benaderings, raamwerke, en metodologieë om verskeie komponente van die onderneming te belyn en te ontwerp. Dié artikel ondersoek die belyning van die besigheidskomponente en inligtingstegnologie-komponente, asook die behoefte aan 'n teoretiese onderbou vir die kombinering van veelvuldige benaderings gedurende ondernemingsontwerp. Die kernbydrae van die artikel is die ontwikkeling van 'n 'metodeartefak'. Die metode-artefak inkorporeer 'n bestaande model, die besigheidsinligtingstegnologie belyningsmodel, en is bruikbaar wanneer ondernemingsontwerpers 'n bestaande besigheids-inligtingstegnologie belyningsbenadering wil uitbrei. As addisionele bydrae, beklemtoon die artikel die rol van 'n groeiende navorsingsmetodologie, genaamd 'ontwerpnavorsing', met die ontwerp van die nuwe metode-artefak. Die artikel toon die gebruik van die metode-artefak wanneer die 'foundation for execution' benadering uitgebrei word met 'n element van die 'essence of operation' benadering, en sluit af met geleenthede vir verdere navorsing.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License