SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 issue2Pareto optimal solutions for multi-objective generalized assignment problemDemand categorisation, forecasting, and inventory control for intermittent demand items author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

CHEN, Y.K.; LIAO, H.C.  and  CHEN, C.T.. Economic design of VSI GCCC charts for correlated samples from high-yield processes. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.88-101. ISSN 2224-7890.

Veralgemeende Kumulatiewe Telling van Konformasie-grafieke (VKTK) word voorgehou as metode om 'n hoë opbrengs proses, wat toelaat dat items monster-vir-monster eerder as in produksievolgorde geïnspekteer word, te monitor. Onlangse navorsing toon dat die VKTK-grafiek met 'n wisselende monsterneminginterval (WMI) beter is as dié met 'n vasgestelde monsterneminginterval (VMI) vanweë die addisionele aanpasbaarheid wat dit bied ten opsigte van die monsterneminginterval. Die VKTK-grafiek met WMI is egter duur wanneer dit gebruik word vir die voorkoming van defektiewe produkte. Hierdie artikel bied 'n ekonomiese model vir die ontwerpprobleem van die WMI VKTK-grafiek. Die model neem die korrelasie van produksieuitsette met die huidige monster in ag. In die ekonomiese ontwerp word 'n kostefunksie ontwikkel wat die koste van monsterneming en inspeksie, die koste van vals alarms, die koste van identifisering en verwydering van toerekenbare oorsake en die koste wanneer die proses buite beheer is, in ag neem. 'n Evolusionêre soekmetode wat van die kostefunksie gebruik maak om die optimale ontwerp parameters van die WMI VKTK-grafiek te vind, word voorgehou. Vergelykings tussen die WMI- en VMI-grafieke vir verwagte koste per tydseenheid word ook voorgehou vir verskillende proses- en kosteparameters.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License