SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 número2The scope of Genetic Algorithms in dealing with facility layout problemsManaging risk for success in a South African engineering and construction project environment índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

BAUM, J.  y  VLOK, P.J.. Mapping primary constraints in physical asset management strategy execution, using social network analysis. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.47-58. ISSN 2224-7890.

Die suksesvolle uitvoering van die fisiese batebestuurstrategie is 'n belangrike genereerder van waarde vir organisasies wat afhanklik is van die dienslewering van fisiese bates. Hedendaagse navorsing wys egter dat geskeduleerde mylpale meestal nie bereik word nie, en dat die metodes wat gebruik word om vas te stel watter beperkings die strategie-uitvoering ondermyn, ontoereikend is. Die doel van hierdie artikel is om die aanwending van sosiale netwerkanalise as 'n metode te ondersoek, om die primêre beperkings ten opsigte van die uitvoering van fisiese batebestuurstrategie te identifiseer. Die voorlopige resultate van die studie het bevind dat gebrekkige inligtingsvloei en swak besluitneming die hoofbeperkings is wat die uitvoering van 'n fisiese batebestuurstrategie kan verhinder. Gevolglik is 'n sosiale netwerkanalise toepassingsmetodiek ontwikkel, en dan op twee teiken-aanlegte in die Suid-Afrikaanse mynboubedryf toegepas. Die studie het bevind dat sosiale netwerkanalise geskik is as 'n metode om die primêre beperkings, wat ondervind word in die uitvoering van fisiese batebestuurstrategie, te identifiseer. Dit moet egter ook beklemtoon word dat daar belangrike voorvereistes bestaan, wat vir die suksesvolle toepassing van sosiale netwerkanalise in plek moet wees.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons