SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.23 issue2Quantifying suppliers' product quality: An exploratory product audit methodReconfigurable product routing and control for mass customisation manufacturing author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

PEREIRA, M.F.V.T.; WILLIAMS, M.  and  DU PREEZ, W. B.. Application of laser additive manufacturing to produce dies for aluminium high pressure die-casting. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2012, vol.23, n.2, pp.147-158. ISSN 2224-7890.

'n Aantal laser laagvervaardigingstegnologieë (LLV tegnolgieë) is in staat om volledig digte metaalkomponente te lewer, wat tot gevolg het dat hierdie tegnologie potensieel vir vormingsmatrys- of gietmatrysvervaardiging gebruik kan word (bekend as snelgereedskap). Drie van hierdie LLV tegnologieë is gekies vir evaluasie van hulle geskiktheid as gietvorminsetsels tydens die vervaardiging van gietmatryse vir hoë druk matrysgiet (HDMG). Benewens die onderlinge vergelyking van die verskillende LLV insetsels met mekaar, is hulle werkverrigting ook vergelyk met komponente wat in standaard warmwerkstaal vervaardig is. In die HDMG proses is die gietmatrys uniek aan elke komponent wat gevorm word. Die matrysholtes word veral aan uiterste toestande onderwerp, soos sikliese temperatuur-verskille, veroorsaak deur die blootstelling aan gesmolte aluminium by meer as 650°C, direk gevolg deur afkoeling in watergebaseerde smeermiddel by temperature van tipies 25°C. Buiten sikliese verhitting, word die matrysholtes ook tydens die inspuit van gesmolte aluminium in die holtes blootgestel aan drukke hoër as 1500 MPa. Hierdie toepassing van LLV stel dus uiters hoë uitdagings aan die tegnologie. Die resultate van hierdie studie het bevestig dat die metale wat in sommige van die gekose LLV tegnologieë gebruik word, wel voldoen aan die besondere vereistes van die huidige toepassing, en dat die gebruik hiervan kan lei tot beduidende tyd- en kostebesparing tydens produk- of prosesontwikkeling. Gebaseer op hierdie bevindings word 'n aantal aanbevelings gemaak vir gebruikers wat sou belangstel in die toepassing van LLV vir die vervaardiging van gietmatryse.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License