Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
SMITH, C.J. et al. System of systems engineering: the link between operational needs and system requirements. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2012, vol.23, n.2, pp.47-60. ISSN 2224-7890.
Tendense in die ontwikkeling van militêre vermoë wêreldwyd neig na die toepassing van vermoë-gebaseerde beplanning ter ondersteuning van tradisionele stelselingenieurswese metodologieë. Die proses in weermagte wêreldwyd blyk ontoereikend te wees, gegewe die gaping tussen die beplande stelsels en die bewese oplossings [15], [18]. Smith en Oosthuizen [1] het getoon dat die vermoëlewensiklus en stelsellewensiklus saamgebring kan word deur die aanwending van stelsel-van-stelsels ingenieurswese metodologieë, insluitend gesamentlike konsepontwikkeling en eksperimentering, gesamentlike argitektuurbestuur, gesamentlike kennisbestuur, en gesamentlike operasionele magsaanwending. Daarstelling van naspeurbaarheid tussen beplande vermoë en stelselbehoeftestellings in die vermoë dekomposisieproses, is die uitdaging. Die outeurs stel 'n vermoë-dekomposisieproses voor wat hierdie uitdaging aanspreek.