Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
SHIROUYEHZAD, Hadi; HOSSEINZADEH LOTFI, F.; ARYANEZHAD, Mir. B. e DABESTANI, Reza. A data envelopment analysis approach for measuring the efficiency of employees: a case study. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2012, vol.23, n.1, pp.191-201. ISSN 2224-7890.
Menslike-hulpbronbestuur speel 'n al belangriker rol in die sukses van 'n onderneming. Gevolglik het talle ondernemings besef dat menslike-hulpbronbestuur en werkverrigting 'n mededingende voordeel kan bied. Die doel van hierdie studie is om 'n praktiese model vir die assessering van werknemers se doeltreffendheid bekend te stel. 'n Model, wat verband hou met die 'data envelopment analysis (DEA)'-benadering, is ontwikkel om die doeltreffendheid te bereken. Fisiese werkomstandighede, salaris, verantwoordelikhede toegewys en die werklading word beskou as die belangrikste faktore wat werknemer-doeltreffendheid kan beinvloed. Die Anderson-Petersen-model en 'n bondige statistiese analise is gebruik om werknemers te rangskik om sodoende hul doeltreffendheidswaarde te analiseer, gebaseer op demografiese kenmerke. Die studie bevestig dat fisiese werks-omstandighede en die verbintenis van die organisasie die belangrikste faktore is wat werknemers doeltreffendheid beinvloed.