Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
ZARE MEHRJERDI, Y.. Measuring the leanness of suppliers using principal component analysis technique. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2012, vol.23, n.1, pp.130-138. ISSN 2224-7890.
Lenige voorsieningsbestuur ("lean supply chain management") is 'n tegniek wat bestuur in staat stel om koste te verminder en gehalte te verbeter. Dit fokus op die vermindering van vermorsing op elke stadium van die voorsieningsketting en word afgelei van ratse vervaardiging ("agile production"). Hierdie navorsing poog om leweransiers in 'n motorbedryf te beoordeel aan die hand van die konsep van vervaardigingslenigheid ("production leanness"). Die navorsing fokus op leweransiers van 'n maatskappy genaamd Touse-Omron Naein. 'n Literatuurstudie aangaande lenigheid het gelei tot die klassifikasie van kriteria in tien dimensies en 76 faktore. 'n Vraelys is gebruik om die data te versamel en die leweransiers is in rangvolgorde geplaas aan die hand van die PCA-tegniek.