Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
MATTHEWS, J. e VISAGIE, S.E.. Single fixed crane optimisation within a distribution centre. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2011, vol.22, n.2, pp.107-120. ISSN 2224-7890.
Die optimisering van die beweging van 'n vaste hyskraan in 'n enkele gang van 'n distribusiesentrum word in hierdie artikel beskou. Die hyskraan moet pallette vervoer tussen dokhokke, stoorposisies, en opmaaklyne. Beide 'n statiese en 'n dinamiese benadering tot die probleem word aangebied. Die optimisering word gedoen met behulp van tabu-soektogte, mierkolonieoptimisering,en hibriede van hierdie twee metodes. Al die oplossingsbenaderings is getoets met werklike data wat van 'n operasionele distribusiesentrum verkry is. Die resultate toon aan dat die hibriedmetodes die beste oplossings lewer.