Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
TANG, S.H.; NOURI, H. and MOTLAGH, O.. A bacteria foraging algorithm for solving integrated multi-period cell formation and subcontracting production planning in a dynamic cellular manufacturing system. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2011, vol.22, n.2, pp.80-99. ISSN 2224-7890.
Die 'bacteria foraging algorithm' (BFA) is 'n berekeningstegniek gebaseeer op die sosiale soekgedrag van Escherichia coli (E. coli) bakterieë. Sedert die bekendstelling van BFA was daar talle uitdagings oor toepassings van die algoritme op ander probleme as dié waarvoor dit ontwikkel is. Dié navorsing poog om deur toepassing van die algoritme 'n gemengde heelgetalprogrammeringmodel te ontwikkel vir die ontwerp van sellulêre vervaardiging-stelsels sowel as die produksiebeplanning in dinamiese omgewings. Die doel is om die som van die masjienkoste, inter- en intraselmateriaalhanteringkoste, rekonstruksiekoste, gedeeltelike subkontrakteringkoste sowel as voorraaddrakoste te minimiseer. 'n Nuut ontwikkelde BFA-optimiseringalgoritme is ook met die vertakkings-en-begrensingsalgoritme vergelyk. Die resultate toon dat die voorgestelde algoritme gunstig presteer in vergelyking met soortgelyke algoritmes.