Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
BUYS, A.J. y STANDER, M.J.. Linking projects to business strategy through project portfolio management. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2010, vol.21, n.1, pp.59-68. ISSN 2224-7890.
In baie organisasies bestaan daar 'n gaping tussen strategie-ontwikkeling en suksesvolle strategie-implementering. Die onvermoë om die gaping te oorbrug sal uiteindelik lei tot strategiefaling en die verlies van mededingende voordeel, winste, en werksgeleenthede. Projekportefeuljebestuur (PPB) word voorgehou as 'n bestuursmetodologie wat 'n portefeulje van projekte koppel aan die besigheidstrategie. Bestaande literatuur gaan egter mank aan empiriese bewyse ten opsigte van die vlakke van indiensneming, funksionaliteit, en sukses van die Projekportefeuljebestuursbenadering in Suid-Afrika. 'n Opname van respondente in 32 tegnologie-organisasies is gebruik om die volgende aspekte te ondersoek: die redes vir falings in strategie-implementering en projekaflewering in Suid-Afrikaanse tegnologie-organisasies; die Suid-Afrikaanse situasie rakende die gaping wat bestaan tussen strategie-ontwikkeling en suksesvolle strategie-implementering; en die mate waartoe en met watter mate van sukses Projekportefeuljebestuur in Suid-Afrikaanse tegnologie-organisasies gebruik word.