SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

CHAN, K.Y.A.; OERLEMANS, L.A.G.  y  PRETORIUS, M.W.. Explaining mixed results on Science Parks performance: Bright and dark sides of the effects of inter-organisational knowledge transfer relationships. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.2, pp.53-67. ISSN 2224-7890.

Verskeie navorsers het in die onlangse verlede die waardetoevoeging van Wetenskapparke ondersoek. Empiriese navorsingsresultate dui enersyds daarop dat die voordele van Wetenskapparke bevraagteken moet word, maar andersyds dat daar positiewe uitkomste ook is. Dit is dus nodig dat hierdie teenstrydige resultate verder ondersoek en teoretiese verklarings daarvoor gevind moet word. In hierdie artikel word geargumenteer dat verskillende vlakke en tipes kennisuitruil gedragspatrone van firmas wat in Wetenskapparke gestasioneer is, een van die teoretiese verklarings vir bogenoemde teenstrydige bevindings is. Die algemene literatuur oor netwerke lê hoofsaaklik klem op die algemene voordele van netwerking tussen firmas binne Wetenskapparke. Hierdie artikel argumenteer dat netwerke beide positiewe (kennisdeling) en negatiewe (opportunistiese gedrag en kennisoorspoeling) effekte vir firmas binne Wetenskapparke kan inhou.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons