SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

BARRY, M.L.; STEYN, H.  and  BRENT, A.C.. Determining the most important factors for sustainable energy technology selection in Africa. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.2, pp.33-51. ISSN 2224-7890.

Die verskaffing van volhoubare energie is van kritiese belang vir die volhoubare ontwikkeling van Afrika. Hierdie studie het gefokus op die identifisering en prioritisering van faktore wat in ag geneem moet word wanneer tegnologiese stelsels vir gebruik in Afrika geselekteer word. Die studie maak gebruik van die Delphi-tegniek. Die vraelys van die eerste rondte is gebaseer op die faktore wat gedurende 'n fokusgroep met energiespesialiste geïdentifiseer is. Deelnemers is gevra om kommentaar te lewer op hierdie faktore, om nuwe faktore by te voeg, en om al die faktore te beoordeel. Die resultate is teruggevoer gedurende die tweede rondte van die Delphi waar deelnemers weer eens gevra is om die faktore te beoordeel in terme van uitvoerbaarheid, wenslikheid, en belangrikheid. Die uitkoms is die identifisering van die belangrikste faktore wat deur besluitnemers gebruik kan word om beter seleksie van 'n keuse van volhoubare energietegnologieë en -projekte te verseker. Die vyf belangrikste faktore is: Gemak van instandhouding en ondersteuning oor die lewensiklus van die tegnologie; geskikte liggings beskikbaar vir proefaanlegte; projekbestuur; ekonomiese ontwikkeling; en toegang tot geskikte liggings vir installasie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License