SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MITTERMAIER, H.K.  and  STEYN, H.. Project management maturity: An assessment of maturity for developing pilot plants. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.1, pp.95-108. ISSN 2224-7890.

Ten spyte van die huidige ekonomiese klimaat ondervind die Suid-Afrikaanse mynbou- en ingenieursbedryf 'n baie bemoedigende toekoms, met 'n groot aantal kapitaalprojekte in die vooruitsig. Ten einde risiko's te verlaag, sal die ontwikkeling van loodsaanlegte noodwendig deel van hierdie toekoms uitmaak. Daar is gevind dat, alhoewel die terme 'loodsaanleg' en 'projekbestuur volwassenheid' in die nywerheid bekend is, geen skakeling van hierdie twee terme in die literatuur opgespoor kon word nie. 'n Aantal volwassenheid modelle bestaan; en een wat deur PMSolutions ontwikkel is, is gekies om die huidige vlak van projekbestuur volwassenheid in die Suid-Afrikaanse mynbou- en ingenieursbedryf ten opsigte van loodsaanlegte te bepaal. Die Delphi tegniek is gebruik om die sienings van deskundiges in die Suid-Afrikaanse mynbou-, mineraalprosessering-, petrochemiese-, kern-, en meganiese sektore oor die genoemde volwassenheid te bepaal. 'n Beduidende verskil is waargeneem tussen die huidige en die gewensde vlakke van volwassenheid in agt van die nege kennisareas soos gedefinieer deur die Amerikaanse Project Management Institute. Beduidende verskille tussen huidige en gewensde vlakke van volwassenheid is veral in die twee kennisareas projek tydbestuur en projek risikobestuur gevind, en dui op areas vir verbetering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License