Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
POURIS, A.. Quantitative assessment of South Africa's inventive outputs: International patent analysis. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.1, pp.13-30. ISSN 2224-7890.
Hierdie artikel het ten doel om Suid-Afrika se innoverende aktiwiteite in die vorm van patente te identifiseer en te ontleed. Innoverende aktiwiteite word in terme van patente, wat aan Suid-Afrikaanse innoveerders deur die VSA se patente-kantoor ("US Patent Office -USPTO") toegeken word, ontleed. Suid-Afrikaanse uitvinders word genader om aansoek te doen en ongeveer 110 patente word jaarliks deur USPTO toegeken. 'n Ontleding van die patente identifiseer klasse wat die land se sterk punte aantoon. Suid-Afrika is op internasionale vlak vierde in die tegnologiese klas Chemie: Fischer-Tropsch-prosesse; of Suiwering of Herstel van Produkte Daarvan geplaas, en twaalfde in Gespesialiseerde Metallurgiese Prosesse. Daar word gestel dat nóg die beleidsomgewing nóg die faktore, wat tegnologiese vrugbaarheid bepaal, gedurende die afgelope twee dekades in Suid-Afrika verander het.