SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

BOTHA, R.P.  and  STEYN, H.. Decision-making and management of pre-investment in a programme of projects. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2008, vol.19, n.2, pp.135-148. ISSN 2224-7890.

Die steeds toenemende druk op besighede en die gevolglike vereistes wat ondernemings aan hulself stel, lei daartoe dat individuele projekte selde aan al die verwagtings voldoen. Dit is dus dikwels nodig om 'n program van interafhanklike projekte te implementeer. In sulke programme is voorafinvestering (investering van fondse of werk voordat projekresultate vereis word) 'n saak wat by herhaling deur programbestuurders opgehaal word. Daar bestaan egter tans geen besluitnemings-tegnieke of riglyne vir die bestuur van voorafinvestering nie. Hierdie artikel behandel 'n raamwerk om programbestuurders en projekbestuurders behulpsaam te wees met besluitneming oor en die bestuur van vooraf-investering. Die raamwerk is gebaseer op proposisies ten opsigte van vooraf-investering met 'n hoë vlak van aanvaarding van 'n Delphipaneel, in die konteks van 'n multi-biljoen Rand petrochemiese program. Die navorsing het drie matrikse opgelewer wat riglyne verskaf vir die tydsberekening vir vooraf-investering, hulpmiddels en inligting wat vereis word, en die voordele van vooraf-investering. Al hierdie riglyne hou verband met vier aspekte van vooraf-investering: konteks, stelsels en prosedures, tydsberekening, en bestek. Alhoewel die werk gedoen is in die konteks van 'n spesifieke geval, behoort die riglyne toepassing te vind in verskeie bedrywe.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License