SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

VIVIERS, J.J.  e  VISSER, J.K.. A risk management methodology for non-metallic process equipment. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2008, vol.19, n.2, pp.61-76. ISSN 2224-7890.

Verskeie maatskappye in Suid-Afrika het reeds die metodologie van risiko-gebaseeerde inspeksie (RBI) geïmplementeer as deel van 'n omvattende instandhoudingstrategie. Die risiko betrokke by 'n fisiese item, bedryfsgeskiedenis, nie-vernietigende toetstegnieke, falingsmodusse, en vele ander aspekte bepaal die frekwensie van inspeksies wat benodig word om aan wetlike vereistes te voldoen. Die hoofdoel van die risiko-gebaseerde metodologie is om faling van prosestoerusting te verhinder. Die metodologie vir risiko-gebaseerde inspeksie van metaaltoerusting is goed bekend en word suksesvol toegepas in die industrie. Dis is egter nie moontlik om al die tegnieke toe te pas op nie-metaaltoerusting nie weens die groot verskeidenheid van materiaaltipes. Hierdie artikel bespreek die data wat ingewin is op die risiko-gebaseerde metodologie vir nie-metaaltipeprosestoerusting, en stel 'n nuwe risiko-gebaseerde model voor wat gebruik kan word om die risiko te bepaal vir nie-metaal toerusting van 'n prosesaanleg. Die risikoprofiel kan gebruik word om die volgende inspeksie-interval vir die toerusting te formuleer.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons