Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
KUMILE, C.M. y BRIGHT, G.. Sensor fusion control system for computer integrated manufacturing. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2008, vol.19, n.1, pp.179-194. ISSN 2224-7890.
Hedendaagse vervaardigingsondernemings ervaar gereeld onvoorspelbare markveranderinge wat aangedryf word deur wêreldwye mededinging. Om kompeterend te bly moet hierdie ondernemings die eienskappe van kosteeffektiwiteit en snelle-respons op markfluktuasies toon. Megatronika streef daarna om meganiese, elektroniese en rekenaarstelsels optimaal te integreer om hoëpresisieprodukte en produksieprosesse daar te stel. Hierdie artikel suggereer 'n metodologie vir toenemende aanpasbaarheid en herbruikbaarheid van 'n generiese rekenaargeïntegreerde vervaardigingsel-beheersisteem deur die gebruik van simulasie en die modellering van megatroniese sensorsisteemkonsepte. Die aanwending van sensors binne die sel fasiliteer datavaslegging, ontleding en multi-sensordatafusie. Sodoende verskaf die ontwerpte argitektuur insig in die funksie en metodologie van 'n generiese stukwerkwinkelbeheersisteem wat die vinnige ontplooiing van 'n aanpasbare sisteem moontlik maak.