Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)
On-line version ISSN 2224-3380
Print version ISSN 1726-541X
Abstract
PIENAAR, Marné. 'n Vergelykende ondersoek na die Afrikaans- en Zulu-vertalings van "South Africa's Suspended Revolution: Hopes and Prospects" deur Adam Habib. SPiL plus (Online) [online]. 2021, vol.61, pp.1-16. ISSN 2224-3380. http://dx.doi.org/10.5842/61-0-914.
In 2013 verskyn South Africa's Suspended Revolution: Hopes and Prospects deur Adam Habib. Habib het die Wits Language School genader en gevra dat 'n verkorte weergawe van die boek in Zulu, Noord-Sotho en Afrikaans vertaal word. Die vertaalopdrag het gevra dat die vertalings baie na aan die oorspronklike moes wees wat betref terminologie sodat die oorspronklike argument skerpsinnig en oortuigend bly. Die taalgebruik moes so eenvoudig moontlik wees en die titel, prikkelend. In hierdie artikel word die Zulu- en Afrikaanse vertaling met mekaar vergelyk en word daar aangetoon hoe die twee vertaalspanne, weens verskille in teikengehore, maar veral weens verskille in die moontlikhede en beperkings van die tale waarin hulle vertaal, hulle tot verskillende vertaalstrategieë gewend het sodat elke finale produk wesenlik van die ander een verskil. As gevolg van die voorkoms van zero-ekwivalensie moes die Zulu-vertalers dikwels gebruik maak van vertaalstrategieë soos parafrasering en eksplitering wat gelei het tot 'n toegankliker teks as wat die geval met die Afrikaanse teks was. Die Afrikaanse vertaalspan is bykans glad nie met zero-ekwivalense gekonfronteer nie. Die gebruik van gestandaardiseerde terme het egter die toeganklikheid van die teks verlaag sodat die Misindeks van die finale produk 14,2 meet. In terme van die vertaalopdrag het die Afrikaanse teks dus waarskynlik nie in sy doel geslaag nie.
Keywords : vertaling; zero-ekwivalensie; vertaalstrategieë; parafrasering; standaardtaal; leesbaarheid.