SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59Foreground and background in the narrative discourse of Luke's Gospel: Some remarks on the function of the Greek imperfect and pluperfect indicative tense-forms author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

On-line version ISSN 2224-3380
Print version ISSN 1726-541X

Abstract

SOUTHWOOD, Frenette  and  OOSTHUIZEN, Helena. Afrikaanse taalvariasie: Uitdagings vir regverdige meting van jong kinders se taal. SPiL plus (Online) [online]. 2020, vol.59, pp.81-104. ISSN 2224-3380.  http://dx.doi.org/10.5842/59-0-829.

Sowat 5% van alle kinders toon 'n taalagterstand (Law, Boyle, Harris, Harkness en Nye 2000) en daar is aanduidings dat hierdie syfer hoër is in Suid-Afrika, veral onder baie jong kinders (Van der Linde, Swanepoel, Sommerville, Glascoe, Vinck en Louw 2016). Geen voldoende instrument bestaan waarmee vasgestel kan word watter jong Afrikaanssprekendes hulp sal benodig om toekomstige taalverwante akademiese probleme te oorkom nie. Hierdie artikel lewer verslag oor uitdagings wat weens Afrikaanse taalvariasie ervaar word tydens die ontwikkeling van 'n ouervraelys waarmee jong kinders se taal gemeet kan word. Hierdie vraelys beslaan vrae oor vroeg-ontwikkelende kommunikatiewe gebare, eerste woorde en vroeë sinskonstruksies, en ouers word versoek om op die lys aan te dui watter gebare, woorde en konstruksies hul kind verstaan en/of voortbring. Die vraelys kan nie onbeperk verleng word nie, want die voltooiing daarvan moet 'n realistiese taak bly, ook vir ouers met lae geletterdheidsvlakke (vgl. Alcock, Rimba, Holding, Kitsao-Wekulo, Abubakar en Newton 2015). Besluite oor die insluiting of uitsluiting op die vraelys van woorde uit spesifieke Afrikaanse variëteite is egter gereeld nie voor die hand liggend nie. Bestaande taalmetingsinstrumente diskrimineer wêreldwyd tipies teen kinders wat nie deel van die dominante kultuur en taalgemeenskap vorm nie. Gegee Suid-Afrika se bevlekte geskiedenis wat die erkenning van sprekers van niegestandaardiseerde taal variëteite betref (vgl. bv. Hendricks 2012; Williams 2016), is die opstel van 'n geldige ouervraelys ononderhandelbaar. Daar moet dus noukeurig oorweeg word watter woorde op die lys verskyn, want 'n goeie ouervraelys sal bydra tot kultureel- en talig-regverdige taaltoetsing van jong Afrikaanssprekende kinders. Dit sal help om kinders te identifiseer wat sukkel om hul taal te verwerf en wat ekstra hulp benodig sodat hul taal genoegsaam kan verbeter vóór hul formele skoolloopbaan begin. Sodoende sal hulle 'n groter kans hê om die kurrikulum te verstaan, skoolsukses te ervaar en'n lang genoeg skoolloopbaan te hê om hul potensiaal te verwesenlik.

Keywords : Afrikaans; ouervraelys; kindertaalverwerwing; taalvariëteit; CDI.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License