SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy?e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-Environment author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

WANG, Anmin  and  CHEN, Xi. Oor die insluiting van neologismes in die Oxford Advanced Learner's Dictionary (10de uitgawe). Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.41-50. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/34-1-1871.

Om neologismes by te voeg by 'n woordeboek in die hersiening daarvan, help om die woordeboek bygewerk te hou, wat relevant is vir 'n aanleerderswoordeboek soos Oxford Advanced Learner's Dictionary (10de uitgawe) (voortaan OALD 10), die jongste uitgawe. Engelse aanleerderswoordeboeke soos OALD 10 word gereeld hersien. In hierdie artikel word die neologismes wat in OALD 10 ingesluit is, vanuit verskillende perspektiewe benader. Betreffende die woordsoort is 71.1% van die neologismes selfstandige naamwoorde, wat die naamwoordelike aard van Engels bevestig. Inhoudswoorde soos selfstandige naamwoorde, adjektiewe, bywoorde en werkwoorde beslaan ongeveer 96% van die neologismes. Te oordeel na woordvorming is, in dalende volgorde, die drie belangrikste metodes waarmee neologismes gevorm word samestelling, afleiding en samesmelting. Volgens die vorm wat die samestellings, wat meestal selfstandige naamwoorde is, aanneem, is hulle in dalende volgorde oop, koppelteken- en geslote samestellings. 623 samestellings vorm meer as die helfte van die neologismes wat kragtige bewys bied dat samestelling die mees frekwente metode is wat gebruik word om neologismes te vorm. Betreffende neologismes wat deur afleiding gevorm is, is die meeste ook selfstandige naamwoorde. 170 uit 300 neologismes wat deur afleiding gevorm is, het reeds as afleidings van trefwoorde in OALD 9 verskyn. Rakende 34 samesmeltings is 75% van hulle gedeeltelik van aard, wat daarop dui dat ten minste een woord tydens die skep van 'n samesmelting in sy volledige vorm is. Betreffende die nuwe woorde met streeketikette is byna 80% geëtiketteer as behorende tot Britse en Noord-Amerikaanse gebruike, 'n aanduiding van die verskuilde Anglo-sentrisiteit. Die status van sommige woorde wat as neologismes beskou word, is betwisbaar, aangesien hulle lank reeds gebruik word. Die impak van die wetenskap en tegnologie op die insluiting van neologismes in OALD 10 is taamlik duidelik. Daar is steeds heelwat ruimte vir verdere navorsing rakende OALD 10.

Keywords : neologisme; oald 10; woordsoort; woordvorming; streeketiket; anglo-sentrisiteit; woordeboekhersiening; wetenskaplike en tegniese invloed.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License