SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Valency Dictionaries and Chinese Vocabulary Acquisition for Foreign LearnersLexicography and Language Planning in 18th Century Sweden índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

HUETE-GARCIA, Ángel  y  TARP, Sven. Die afrigting van 'n KI-gebaseerde skryfhulpmiddel vir Spaanse leerders: Die nut van kletsbotte en die onmisbaarheid van mensgesteunde intelligensie. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.21-40. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/34-1-1862.

Hierdie artikel handel oor die verhouding tussen menslike en kunsmatige intelligensie binne die konteks van 'n lopende Spaanse skryfhulpmiddelprojek, waar ChatGPT vir vier sleuteltake verwant aan óf die afrigting van die onderliggende taalmodel óf die voorbereiding van toekomstige gebruikerskommunikasie aangewend word. Dit is 'n interdissiplinêre samewerkingsprojek tussen leksikograwe met ervaring in taalonderrig en IT-spesialiste van'n hoëtegnologiemaatskappy. In die artikel word die metodologie van die algehele projek en die spesifieke rol van die leksikograwe eers beskryf. Daarna word die drie take waarby die laasgenoemdes direk betrokke is, beskryf: die samestelling van 'n stel van twee parallelle Spaanse korpora, een korrek en die ander met ingevoerde foute, die generering van geldigheidsmateriaal, en die skryf van uitgebreide grammatikale verklarings vir Spaanse leerders. Gebaseer op 'n groot hoeveelheid empiriese data, insluitend 35,000 versigtig beoordeelde sinne, word die verskillende stappe van die interaksie tussen mens en kletsbot, sowel as die ervarings en refleksies wat uit die proses verkry is, uiteengesit. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die twee dele, afhangende van die konkrete taak, in baie verskillende tipes verhoudings betrokke is, en dat menslike kennis, kultuur, vaardighede en taalintuïsie noodsaaklik is vir die kletsbot om behoorlik te funksioneer.

Palabras clave : spaanse skryfhulpmiddels; taalaanleer; kletsbotte; mensgesteunde intelligensie; taalmodelafrigting; korpusbou.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons