SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

FEINAUER, Ilse. Verskillende perspektiewe oor glossariums: Vertalend teenoor leksikografies. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.152-175. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1845.

Die term glossarium kom onder andere in sowel vertaling as leksikografie voor in wat lyk soos verskillende toepassings: vir vertaling - 'n lys woorde wat deur die vertaler tot die doelteks toegevoeg word; vir leksikografie - 'n tipe woordeboek of naslaanwerk. Dit lyk of die term meer dikwels in die metataal van sowel praktiese (literêre) vertaling en praktiese leksikografie voorkom as in die vertaalwetenskap en metaleksikografie. In albei gevalle word die term egter minder koherent, minder eenduidig en vaer gebruik as wat van 'n term in 'n wetenskaplike veld verwag sou word. In hierdie artikel probeer ek die uiteenlopende toepassings van die term glossarium sistematies te onderskei, want dit sal feitlik onmoontlik wees om glossarium ondubbelsinnig te definieer. Ek begin deur die ekstratekstuele en tekstuele kenmerke van die term glossarium te ontleed deur die verskille en ooreenkomste aan te toon soos dit onderskeidelik in die vertaalwetenskap en metaleksikografie gebruik word. Die artikel is meer deskriptief as normerend, maar stel tog voor dat glossarium gereserveer word vir gebruik in die vertaalwetenskap en dat die term spesialiswoordeboek (eentalig, tweetalig, meertalig) in die metaleksikografie gebruik word.

Palabras clave : glossarium; glos; vertaalwetenskap; metaleksikografie; (literêre) vertaling; terminologie; spesialiswoordeboeke; tekstueel; ekstratekstueel; leksikale digtheid; vertaalekwivalent.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons