SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

VAN DER MERWE, Michele F.. Semantiese betrekkinge en woordeboekstrukture in 'n Afrikaanse tesourus. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.132-151. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1835.

In 'n tesourus word die struktuur van die woordeskat en die besondere verhoudings tussen die leksikale items in daardie woordeskat op die voorgrond geplaas. 'n Woordeskat vertoon 'n bepaalde struktuur waarbinne die verskillende leksikale items op grond van veral hulle betekenisse met mekaar saamhang. Die onderwerp van hierdie navorsing is die leksikografiese aanbieding van onderskeie semantiese betrekkinge tussen leksikale items in die verskillende uitgawes van die Groot Tesourus van Afrikaans. In 'n vergelykende studie tussen die twee uitgawes word die volgende navorsingsvraag gevra: Watter veranderings en verskille, indien enige, kan daar ten opsigte van die aanbieding van semantiese betrekkinge tussen die twee uitgawes waargeneem word? Semantiese betrekkinge tussen leksikale items (onder andere sinonimie, hiponimie en teenoorgesteldheid) en die aanbieding daarvan in albei tesourusuitgawes word belig. Die leksikografiese hantering van semantiese betrekkinge word bespreek teen die agtergrond van die leksikografieteorie rakende woordeboekstrukture en e-leksikografie. Aanbevelings ten opsigte van 'n meer gebruikersgerigte hantering van semantiese betrekkinge word gemaak, ook met betrekking tot 'n elektroniese tesourus.

Palabras clave : tesourus; sinoniem; teenoorgesteldheid; hiponiem; meroniem; semantiese verhouding; woordeboekstruktuur; kontekstuele leiding; gebruikersgerig; elektroniese tesourus.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons