SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

TARP, Sven. Eppur si muove: Die leksikografie word intelligent!. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.107-131. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1841.

In hierdie artikel word gefokus op 'n deurlopende N wat die outeur saam met Spaanse leksikograwe, asook rekenaarwetenskaplikes van 'n hoëtegnologiemaatskappy, wat spesialiseer in aanlynwoordeboeke en taaldienste, onderneem. Dit het die ontwikkeling van 'n KI-gedrewe Spaanse skryfhulpmiddel vir beide moeder- en niemoedertaalskrywers en -leerders ten doel. Ná 'n kort bespreking van die huidige ervaring met digitale skryfhulpmiddels word die konkrete projek, waarvan die leksikograwe se taak, aan die een kant, is om 'n bydrae te lewer tot die afrigting van die onderliggende taalmodel, en aan die ander kant, om 'n model vir goeie kommunikasie tussen die werktuig en die gebruikers daarvan te beskryf, uitvoerig uiteengesit. Gebaseer op 'n studie van die ervaring in bestaande skryfhulpmiddels, sal daarna 'n stel beginsels vir gebruikerskommunikasie geformuleer word wat in die skryfhulpmiddel geïmplementeer sal word. In die artikel word voorbeelde gegee van hoe die implementering plaasvind, watter nuwe uitdagings teengekom word, en hoe die skryfhulpmiddel uiteindelik sal funksioneer. Laastens word die leksikograaf se nuwe take bespreek en 'n paar vooruitsigte vir toekomstige werk word uiteengesit.

Palavras-chave : skryfhulpmiddels; gebruikerskommunikasie; leksikografiese kontekstualisering; geïntegreerde woordeboeke; glosse; 'n nuwe tipe leksikografiese data; toevallige leer; doelbewuste leer; lemmagesentreerde leksikografiese databasisse; probleemgesentreerde leksikografiese databasisse.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons