SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

TARP, Sven. Eppur si muove: Die leksikografie word intelligent!. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.107-131. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1841.

In hierdie artikel word gefokus op 'n deurlopende N wat die outeur saam met Spaanse leksikograwe, asook rekenaarwetenskaplikes van 'n hoëtegnologiemaatskappy, wat spesialiseer in aanlynwoordeboeke en taaldienste, onderneem. Dit het die ontwikkeling van 'n KI-gedrewe Spaanse skryfhulpmiddel vir beide moeder- en niemoedertaalskrywers en -leerders ten doel. Ná 'n kort bespreking van die huidige ervaring met digitale skryfhulpmiddels word die konkrete projek, waarvan die leksikograwe se taak, aan die een kant, is om 'n bydrae te lewer tot die afrigting van die onderliggende taalmodel, en aan die ander kant, om 'n model vir goeie kommunikasie tussen die werktuig en die gebruikers daarvan te beskryf, uitvoerig uiteengesit. Gebaseer op 'n studie van die ervaring in bestaande skryfhulpmiddels, sal daarna 'n stel beginsels vir gebruikerskommunikasie geformuleer word wat in die skryfhulpmiddel geïmplementeer sal word. In die artikel word voorbeelde gegee van hoe die implementering plaasvind, watter nuwe uitdagings teengekom word, en hoe die skryfhulpmiddel uiteindelik sal funksioneer. Laastens word die leksikograaf se nuwe take bespreek en 'n paar vooruitsigte vir toekomstige werk word uiteengesit.

Palabras clave : skryfhulpmiddels; gebruikerskommunikasie; leksikografiese kontekstualisering; geïntegreerde woordeboeke; glosse; 'n nuwe tipe leksikografiese data; toevallige leer; doelbewuste leer; lemmagesentreerde leksikografiese databasisse; probleemgesentreerde leksikografiese databasisse.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons