SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 special issue author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

CURCIO, Martina Nied. Die leksikografie, kultuur en bemiddeling. Of waarom 'n goeie leksikograaf ook 'n goeie kultuurbemiddelaar moet wees. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.95-106. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1842.

Kultuurgebonde items word dikwels weggelaat uit leksikografiese bronne, en wanneer hulle aanwesig is, word hulle selde, veral in tweetalige woordeboeke, op 'n toepaslike wyse verklaar: die gelyste ekwivalente reflekteer dikwels nie die betekenis van die kultuurwoord akkuraat nie, gebruiksvoorbeelde mag ontbreek, en bowenal - veral vir 'n niemoedertaalspreker - word belangrike inligting op kultuurvlak weggelaat (Nied Curcio 2020). Kommunikasieprobleme en misverstande wat, nie deur afwykings op linguistiese vlak nie, maar op kultuurvlak, veroorsaak word, kan tussen sprekers van verskillende tale en kulture ontstaan. Spesifieke kultuurkennis en 'n gevorderde vlak van interkulturele vaardigheid word vereis. Bemiddeling van tekste en konsepte en die gebruik van bemiddelingstrategieë kan belangrike insette lewer om die leksikograaf se interkulturele vaardigheid, wat noodsaaklik is vir 'n voldoende leksikografiese beskrywing van kultuuraspekte, te ontwikkel. Bemiddelaars maak dikwels gebruik van hul veeltalige en multikulturele repertoire en gebruik bemiddelingstrategieë. Leksikograwe kan ook dieselfde vaardighede vir die voldoende en suksesvolle beskrywing van kultuurgebonde items in leksikografiese hulpbronne inspan. In hierdie artikel word die fokus op die mediasiekonsep geplaas; die Companion Volume van die Common European Framework of Reference for Languages (2018) toon ooreenkomste in die vaardigheidsvereistes tussen bemiddelaars en leksikograwe, en steun die gebruik van bemiddelingstrategieë deur leksikograwe om te verseker dat kultuurinligting in die woordeboek voldoende verteenwoordig word.

Keywords : tweetalige woordeboeke; kultuuritems; vertaling; interkulturele vaardigheid; bemiddeling; bemiddelingstrategieë; veeltalige vaardigheid; multikulturele vaardigheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License