SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

MARGALITADZE, Tinatin  e  MELADZE, George. Hoe om probleme in woordeboekgebruik op te los: Die Georgiese geval. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.63-78. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1840.

Hierdie artikel is geïnspireer deur die plenêre referaat wat deur Rufus Gouws by die XX Internasionale EURALEX Kongres in Mannheim gelewer is: "Dictionaries: Bridges, Dykes, Sluice Gates" ("Woordeboeke: Brue, dyke, sluisdeure") (Gouws 2022). Sy beklemtoning van die gebrek aan woordeboekkultuur en die verantwoordelikhede, nie slegs wat die leksikografie teenoor die gemeenskap het nie, maar wat die gemeenskap ook teenoor die leksikografie het, is 'n belangrike perspektief wat relevant is vir baie gemeenskappe, insluitende die Georgiese gemeenskap. Terwyl Gouws hierdie term as sambreelterm gebruik om na beide die gebruikersvriendelikheid van woordeboeke, aan die een kant, en die vermoë en bereidwilligheid van die gemeenskap om woordeboeke en hul kennis van woordeboekgebruiksvaardighede te gebruik, aan die ander kant, te verwys, fokus ons in hierdie artikel meer op laasgenoemde aspek van die term woordeboekkultuur. Verskeie studies wat sedert die 1970s in die woordeboekgebruiksveld uitgevoer is, het aangetoon dat baie gebruikers nie geweet het hoe om woordeboeke te gebruik nie, dat hulle nie bekend was met die struktuur van inskrywings nie, dat hulle nie die woordsoort van 'n woord kon identifiseer nie, dat hulle geen idee van homonomie, polisemie en verwante kwessies gehad het nie; dit het gelei tot foute in begrip, vertaling en ander take wat verband hou met vreemdetaalverwerwing. Hierdie studies wat in verskillende lande uitgevoer is, het ook die behoefte aan die onderrig van woordeboekgebruik in skole en universiteite duidelik aangetoon. Ongelukkig, ten spyte van pogings van leksikograwe en opvoeders om hierdie situasie te verbeter, en ten spyte van sommige positiewe stappe wat in hierdie rigting geneem is, wat in hierdie artikel bespreek sal word, is daar steeds nie bevredigende onderrig in woordeboekgebruik in opvoedkundige instansies wat daartoe sal bydra dat 'n woordeboekkultuur geskep of volhoubaar gemaak word nie. Die doel van hierdie artikel is om probleme in woordeboekgebruik in die Georgiese konteks te bespreek en om ons ervaring in die implementering van die onderrig van leksikografie en die ontwikkeling van woordeboekgebruiksvaardighede aan Georgiese universiteite te deel.

Palavras-chave : woordeboekkultuur; die onderrig van woordeboekgebruik; woordeboekgebruiksvaardighede; oefeninge; woordeboekdidaktiek; engels-georgiese woordeboek.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons