SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

FUERTES-OLIVERA, Pedro A.. Die strukturering van 'n versameling leksikografiese data vir verskillende gebruikers- en gebruiksituasies. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.22-42. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1832.

Volgens Fuertes-Olivera en Tarp (2020) word die leksikografie tans gevorm deur drie verwante tendense: (a) die toenemende gebruik van ontwrigtende tegnologieë; (b) die noodsaaklikheid om nuwe sakemodelle wat nuwe leksikografiese projekte kan finansier, te vind; en (c) die voorkoms van groeiende kompetisie van ander inligtingsbronne, bv. Google. Hierdie tendense het 'n bepaalde invloed op gespesialiseerde woordeboeke, wat hier gedefinieer word as hulpmiddels wat gebiede buite die algemene kulturele kennis en ooreenstemmende Taal vir Algemene Doeleindes (TAD) dek. Hierdie artikel steun die beskouing dat leksikograwe bogenoemde tendense kan hanteer deur gestruktureerde versamelings leksikografiese data met detail voor te berei wat maklik in inligting omskep kan word en in woordeboekskryfstelsels (WSSs) geberg kan word wat veelvoudige kombinasies en moontlike afvoere moontlik maak. Hierdie opsie is toepaslik vir die tendense, aangesien dit voldoende tegnologieë gebruik, bv. metodes vir profielsamestelling of geïndividualiseerde soektogte, steun bied aan 'n nuwe sakemodel wat gebaseer is op die skep van leksikografiese data wat baie verskillende hulpmiddels kan voed, bv. Write Assistant (Fuertes-Olivera en Tarp 2020), en beter en meer presiese inligting as dié van Google en ander inligtingshulpmiddels kan aanbied.

Palabras clave : leksikografiese data; tegnologie; gespesialiseerde taal; gespesialiseerde leksikografie; e-leksikografie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons