SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

SWART, Marius  e  DU PLESSIS, André H.. Voorlopige kriteria vir wie en wat die leksikograaf is. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.1-21. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1834.

Daar is verbasend min sistematiese akademiese ondersoek na wie presies leksikograwe is. Rufus Gouws wys hierdie problematiek reeds 'n dekade gelede uit. Gouws (2012) ondersoek nie net die aktiwiteite wat verband hou met Leksikografie nie, maar vra krities watter rolle die persone speel wat binne hierdie vakgebied bedrywig is. Gouws (ibid.) se bespreking lei af dat dit nodig is om ondubbelsinnige kriteria te ontwikkel vir wie 'n leksikograaf genoem kan word. Om hierdie kriteria te help ontwikkel, neem hierdie artikel die werk van Gouws onder die loep in die vorm van 'n gevallestudie met 'n onderliggende tematiese analise. Gouws se eie bydrae op metaleksikografiese vlak, maar ook tot die leksikografiese praktyk en leksikografie-opleiding, spreek vanself in terme van produktiwiteit, kundigheid en relevansie. Die gevallestudie behels 'n literatuuroorsig oor Gouws se navorsingsartikels uit die afgelope 10 jaar sedert die verskyning van die genoemde 2012-artikel. Die artikels is tematies ontleed en 'n stel rolle word afgelei wat algemeen blyk uit hierdie leksikografiese publikasies. Hierdie rolle of aktiwiteite word indringend bespreek, en uit die bespreking word uiteindelik 'n voorlopige stel kriteria afgelei vir wie 'n leksikograaf genoem kan word.

Palavras-chave : leksikograaf; metaleksikograaf; woordeboekmaker; pedagoog; taalkundige; taalburgerskap; aktivisme.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons